Paul Hindemith

Paul Hindemith op 28-jarige ouderdom

Paul Hindemith (16 November 1895 - 28 Desember 1963) was 'n produktiewe Duitse komponis, altviolis , violis, pedagoog en dirigent. In die 1920's word hy 'n groot voorstander van die Neue Sachlichkeit (nuwe objektiwiteit) musiekstyl. [1]

Van sy mees noemenswaardige komposisies sluit in sy liedere siklus Das Marienleben (1923), Der Schwanendreher vir altviool en orkes (1935), en die opera Mathis der Maler (1938). Hindemith se gewildste werk, in opgeneemde vorm sowel as in die konsertsaal, is waarskynlik die Simfoniese Metamorfose van Temas deur Carl Maria von Weber wat in 1943 geskryf is.

  1. "Paul Hindemith — People — Royal Opera House". www.roh.org.uk. Besoek op 22 Augustus 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search